Wys ons jou oes

Die versekering van die toekoms.

Ons vennote.

Ons Bied Gespesialiseerde Advies
en Versekeringspakette.

Laat ons jou lewe vergemaklik!

Persoonlike Pakette

Dekking vir jou voertuie, huisinhoud, geboue en persoonlike bates.


Agri & Oeste Oplossings

Beskerming vir jou boerdery gefokusde bates en oeste.


Kommersieël en Ingineurswerke

Dekking vir jou besigheid, konstruksie projekte, ingenieurswerke en kontrakteurs alle-risiko.

Vervoer- en Vragversekering

Spesialis dekking vir jou kommersiële swaarvoertuie en vragte.

Wat maak ons anders?

Ons is nie ‘n tradisionele makelary nie. Ons bied persoonlike diens vir al jou versekeringsbehoeftes. Ons versekering is effektief en sonder onnodige draadwerk en ons premies is mededingend.

Ons bied persoonlike diens met die ondersteuning van ‘n landbou reus. Ons werk onder Certisure se lisensie wat 100% deur Senwes besit word.

Jy kan dus rustig slaap met jou versekering in ons hande.

Korttermynversekering.

Korttermynversekering wat jou bates teen onverwagte risiko’s beskerm. Jou welvaart en volhoubaarheid is ons prioriteit.

Oesversekering.

Oesversekering vir jou gewasse is noodsaaklik vir boere in Suid Afrika. Dit verseker jou oeste teen onvoorspelbare weersverskynsels, natuurrampe en ander risiko’s. Dit verseker 'n volhoubare toekoms vir die landboubedryf en help boere om staande te bly te midde van ‘n uitdagende ekonomiese klimaat. Ons werk graag vir jou ‘n pakket uit wat jou sak sal pas.

Ons verseker jou volhoubaarheid.

Wanneer ongeluk jou tref, kan jy gerus wees dat jou versekering veilig is by ons.

Ons is daar om jou belange te bewaar en jou makelaar is net ‘n oproep ver, 24/7.

Ons werk pro-aktief.

Tegnologiese vooruitgang en kuber sekuriteit is van kardinale belang en het ons ook hier verskeie opsies beskikbaar.

Deur pro-aktief na jou risiko te kyk kan ons die meerderheid gevare identifiseer en verseker. Ons gee persoonlike diens wat jou unieke behoeftes ondersoek en aanspreek.

Ons span

Ons het ‘n klein maar dinamiese span wat seker maak dat ons vinnige en persoonlike diens lewer. Jy werk altyd net met een van ons spanlede en daar is geen “call centre” of onpersoonlike diens nie.

Francois Fourie

Hoof Adviseur en Uitvoerende Beampte
francois@mfconsult.co.za

Chené Munz

Direkteur en Adviseur onder toesig
chene@mfconsult.co.za

Jo-Anne Bam

Assistent en Eise Spesialis
jo-anne@mfconsult.co.za

Kontak Ons

Chené Munz
chene@mfconsult.co.za
+27 82 828 4678
Francois Fourie
francois@mfconsult.co.za
+27 71 311 3295

Ons Besigheid

14 Hancock St,
Wilkoppies,
Klerksdorp, 2571 Suid Afrika


Copyright © 2025 Münz Fourie Consulting.
Website design and development by  designsbygvh.com